Monday, January 30, 2012

Wyse gewoonte

Dit is nie altyd maklik om besluite te neem nie. Sommige besluite is eenvoudig, maar dan is daar daardie besluite waar albei of selfs al drie opsies baie aantreklik lyk.

Dikwels sal ons onsself vang die volgende sê: "Dit was nie 'n baie wyse besluit nie" of "dit was nou wys gewees." Ons het al keer op keer hierdie woorde selfs gebruik oor die alledaagse eenvoudige besluite.

Vanoggend het Jacques Bornman die volgende getwiet: "Cultivate the habit of asking "what is the wisest thing to do?"

Ek raak stil en dink vir 'n oomblik oor hierdie woorde...

In die Bybel lees ons die volgende in die boek Jakobus

Jak 1:5 "Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie."

Wysheid is daardie onderskeid tussen die goeie en die beste. Ek gaan hierdie week leef met hierdie vraag: "Wat is die wyste ding om te doen." Lekker week!

No comments:

Post a Comment