Wednesday, January 11, 2012

Hoofmeisie


Ek weet ek gaan lekker gespot word hieroor. Ek het die fliek "Hoofmeisie" saam met my dogtertjie gaan kyk. En hier kom dit - Ja ek het dit geniet. Hierdie Afrikaanse komedie is vol bekende akteurs en is een van daardie stories wat'n mens nie wil hĂȘ moet eindig nie. Huisgenoot beskryf Hoofmeisie as volg: "prettige gesinsvermaak wat die lagspiere behoorlik gaan kielie."

Hierdie Sondag het Rapport berig dat die fliek al R2.7 miljoen by Ster Kinekor verdien het.

Het jy die afgelope tyd enige goeie Afrikaanse fils gekyk?

No comments:

Post a Comment