Monday, January 23, 2012

Ek het God vandag gesien

Hoe sal jy die volgende sin voltooi: "God is..."

Ons het Dinsdagaande 'n groep wat op die oomblik deur Francis Chan se boek "Crazy Love" werk. Dit is vir my baie lekker aangesien almal in die groep baie jonger as ek is - in hul twintigs. Dit is interessant om hulle perspektief te hoor en daaroor te dink.

Ons het verlede week besluit om een dag die week een karaktereienskap van God te kies, en Hom dan te vra om daardie spesifieke eienskap deur die dag, op verskillende maniere aan ons te openbaar.

Ek het vandag "genade" gekies.

Ek het vandag agtergekom op hoe baie plekke 'n mens God kan sien en ervaar. Hy is oral teenwoordig en aan die werk - ons is net nie altyd bewus daarvan nie. Dit is asof jou oë oopgaan as jy begin lewe met hierdie bewustheid.

No comments:

Post a Comment