Saturday, January 7, 2012

Van kaal boude tot huiswerk



Emke begin Woensdag met skool. Dit het ons op 'n soektog gesit na 'n lessenaar waarby sy middae haar huiswerk kan doen. Ons wil haar al van vroeg af help om 'n werkbare ritme in die middae te vind, en 'n lekker spasie om by te werk.

Ons soektog het geeïndig by hierdie een op die foto wat ons op Gumtree opgespoor het. Terloops, Gumtree maak dinge darem maar baie makliker!

Ons het Vrydagoggend deurgery Kommetjie toe, en toe besef dat die meubelstuk glad nie in die bakkie gaan pas nie. Teruggery Bellville toe, trailer gehuur (R120) en toe ons nuutgevonde juweel gaan optel.

Jackie, die verkoper, het hierdie pragstuk bruik om hul baba se vuil en nat doeke op te ruil. Hulle het die tafel by 'n antieke winkel gekoop. Ek wonder waarvoor was dit gebruik voor die baba boudjies?

Hierdie tafel so beslis 'n paar stories kon vertel as dit kon praat.

Nou breek 'n nuwe seisoen vir hom / haar / dit aan. Ek kon sweer ek het 'n glimlag op die tafel gesien toe ek die lig afsit gisteraand.

No comments:

Post a Comment