Friday, January 13, 2012

My begrafnis



Het jy al ooit gedink aan jou begrafnis?

Ek het al by meer as een begrafnis weggestap en gedink: "Is dit nou dit?"

Hierdie persoon het 'n vol lewe gehad, en so min word oor hom / haar gesê. Almal luister na 'n 30 - 40 min preek (waarvan ons nie veel kan onthou); sing 'n paar liedjies; hoor dankies, drink 'n koppie tee en gaan huistoe.

'n Ander ding wat my pla is dat as jy by een begrafnis was, was jy by almal. Die een is net soos die ander.

As jy jou eie begrafnis kon beplan, hoe sou dit lyk?

Ons het op ons afdag "A little bit of Heaven" gaan kyk. Kate Hudson speel 'n rol waar sy o.a. haar eie begrafnis beplan. Ek en Alida het na die fleik gaan lunch en gesels oor die fliek en toe vir mekaar gevra: "Hoe sal jy graag jou begrafnis wil hê?"

Hier is 'n paar gedagtes vir my begrafnis. Dit mag dalk baie anders lyk oor 'n paar jaar...Ek hoop nie dit klink te "vain" nie - here goes...

- Ek wil nie hê ons moet in 'n kerk ontmoet nie. 'n Gemaklike venue soos op 'n wynplaas sal die ding doen.
- Mense hoef nie te sit nie - sommer rondstaan om cocktail tafels met vingerete en lekker drinkgoed.
- 'n Band soos Cherry Vynil vir agtergrond musiek of sommer 'n lekker CD
- Ek sal nie mind as Homez Gomez 'n song of 2 kan doen nie - Homie verwoord baie van die goed wat ek voel.
- Dit sal nice wees as daar 'n paar fotos kan wys op 'n slide show
- 'n Fassiliteerder wat gesprek lei
- Dalk so 5 min praatjie oor die dood en hoe dit ons lewe beïnvloed

Dit klink nou vir my so lekker ek sou dit sommer saam wou bywoon...

Hoe sal jy jou begrafnis wil hê?

No comments:

Post a Comment