Tuesday, January 17, 2012

Ouerskap is nie vir sissies nie

Ek preek Sondag by die oggenddiens waar ons besig is met 'n reeks oor familie. Die laaste tyd vind ek myself dat ek gereeld leierskap artikels, blogs en selfs boeke oor leierskap opsy skuif vir leesstof oor ouerskap.

Een van die gedagtes wat ek Sondag oor wil gesels is om ook ander volwassenes deel te maak van jou kind se opvoeding. Twee jaar gelede het ons 'n verjaarsdagpartytjie bygewoon van een van Alida se dansmeisies wat 13 geword het. Baie ouers vrees tienerjare. Haar ouers het hul egter voorberei vir tienerjare. Hulle het saam met haar 8 dames identifiseer na wie sy opkyk, en wie sy wil toelaat om in haar lewe in te spreek. Sy moes met elkeen 'n afspraak maak, en gesels oor 1 karaktereienskap in hulle wat sy admireer en graag deel van haar lewe sal wil hĂȘ.

Of ons dit nou wil weet of nie - een of ander tyd gaan ons kinders die opinies, aanvaarding en goedkeuring van ander begin soek. Ek het meeste van my grootmens jare met tieners spandeer en agtergekom dat al is jy die coolste pa of ma, daar gaan 'n tyd kom wat jou tiener nie so gaan dink nie.

Die vraag is dan: gaan ons hulle net oorlaat om self stemme en opinies in hul lewe toe te laat of gaan ons hulle van kleintyd af hierin begelei?

No comments:

Post a Comment