Thursday, January 19, 2012

WTF



What the flip!

Dis amper 14:00 en ek het al twee keer vandag uitgeroep: "WTF!"

Die eerste keer het te doen met ons bure en die tweede my middagtete.

Kom ek begin by die eerste. Ons "wonderlike" bure.

Hulle het op 'n manier dit reggekry om die swembad bo die grond te kry, en gebruik nou die gat waar die swembad was, as 'n vullishoop. Miskien moet ek ook maar my weeklikse tuinvullis hier kom gooi. Eintlik doen hulle dalk die buurt 'n guns? Ons almal kan maar eerder weekliks hier 'n draai kom maak met alles wat ons nie meer wil hĂȘ nie.

Ek het vanmiddag verby die huis gery en toe sien ek hulle gebruik nou sommer die swembad, en hulle balkon, as 'n wasgoeddraad. Vandaar die eerste WTF!

My tweede WTF: Ek het (met die eerste WTF nog vars in my geheue) vir my middagete kom maak. Met die eerste hap merk ek iets op wat ek gelukkig net net misgebyt het. 'n Vlieg op my toebroodjie - lekker warm gebraai deur die "sandwichmaker"! WTF!

Wat was die rede agter jou laaste WTF?

1 comment:

  1. Dankie dat jy nie 'n foto van die broodjie opgesit het nie....

    ReplyDelete