Thursday, January 12, 2012

Ritme



Die jaar is al 'n paar dae oud en ons grootste uitdaging op hierdie stadium is...ritme.

Wanneer 'n mens dink aan die skepping, dink 'n mens aan ritme. Rob Bell verwys na die Bybelse skeppingsverhaal as hy sê dat met die skepping was daar 'n bepaalde ritme. God het ses dae gewerk en op die sewende dag gerus. Die ritme: Dis was aand en dit was môre...en God het gesê dit wat Hy gemaak het was goed.

Elkeen van ons se hartklop praat van 'n unieke ritme.

Seisoene vertel die storie van 'n ritme.

Elke dag se sonsopkoms en sonsondergang is ritme.

'n Mens kan seker sê ritme is soos 'n roetine. Ons het 'n bepaalde ritme nodig om die gevoel te gee van..."in sync" wees.

Met ons dogtertjie wat skool begin het, en ons seuntjie wat by 'n nuwe dagmoeder is, het ons weeklikse ritme verander! Ek dink dis goed om soms van ritme te verander en in pas te kom met 'n nuwe ritme.

Daar is min dinge so lekker soos om die musiek van die lewe te voel en ervaar en te weet jy is in ritme.

No comments:

Post a Comment