Monday, January 16, 2012

Aksie

Daar is 'n spreukwoord wat sê "Action speaks louder than Words."

Wat ons doen praat harder as wat ons sê.

Ek weet nie van jou nie, maar ek trap daagliks in die lokval om BAIE te praat, maar om min te doen.

Gisteraand het Gerhard met ons gesels oor "Om nie net te bid nie." Ek dink dit sluit nogals aan hierby. Ons bid baie keer oor dinge en skuif verantwoordelikheid af op God. Saam met die bid moet ons ook doen.

As jy diep in die skuld is en wil uitkom - moenie net bid nie maar leef anders.
As jy enkel is en daardie spesiale persoon soek, bid en vry.

Ek sal graag hierdie jaar wil dink oor hoe ek dit wat ek sê, nie net sal sê nie, maar in dade te wys.

Hoe kan ek vir my vrou deur aksies wys ek is lief vir haar?
Hoe kan ek vergifnis wys deur dade?
Hoe kan ek vir my kinders wys hulle beteken die lewe vir my?
Hoe wys ek vir God Hy is die middelpunt van my lewe?
Hoe wys ek liefde rig my lewe?

As aksie werklik harder as woorde spreek - kom ons word mense van aksie!

No comments:

Post a Comment