Monday, January 30, 2012

Wyse gewoonte

Dit is nie altyd maklik om besluite te neem nie. Sommige besluite is eenvoudig, maar dan is daar daardie besluite waar albei of selfs al drie opsies baie aantreklik lyk.

Dikwels sal ons onsself vang die volgende sê: "Dit was nie 'n baie wyse besluit nie" of "dit was nou wys gewees." Ons het al keer op keer hierdie woorde selfs gebruik oor die alledaagse eenvoudige besluite.

Vanoggend het Jacques Bornman die volgende getwiet: "Cultivate the habit of asking "what is the wisest thing to do?"

Ek raak stil en dink vir 'n oomblik oor hierdie woorde...

In die Bybel lees ons die volgende in die boek Jakobus

Jak 1:5 "Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie."

Wysheid is daardie onderskeid tussen die goeie en die beste. Ek gaan hierdie week leef met hierdie vraag: "Wat is die wyste ding om te doen." Lekker week!

Monday, January 23, 2012

Ek het God vandag gesien

Hoe sal jy die volgende sin voltooi: "God is..."

Ons het Dinsdagaande 'n groep wat op die oomblik deur Francis Chan se boek "Crazy Love" werk. Dit is vir my baie lekker aangesien almal in die groep baie jonger as ek is - in hul twintigs. Dit is interessant om hulle perspektief te hoor en daaroor te dink.

Ons het verlede week besluit om een dag die week een karaktereienskap van God te kies, en Hom dan te vra om daardie spesifieke eienskap deur die dag, op verskillende maniere aan ons te openbaar.

Ek het vandag "genade" gekies.

Ek het vandag agtergekom op hoe baie plekke 'n mens God kan sien en ervaar. Hy is oral teenwoordig en aan die werk - ons is net nie altyd bewus daarvan nie. Dit is asof jou oë oopgaan as jy begin lewe met hierdie bewustheid.

Saturday, January 21, 2012

Byname



Dit is altyd interessant om mense se byname te hoor. Dit is veral lekker om die storie agter die naam te hoor.

My ma het al van kleins af die bynaam "Koekies. ek dink daar is sommige mense in ons familie wat twee keer sal moet dink aan wat haar regte naam is. Sy dra swaar aan altesaam vyf doopname.

Ek het in my kort leeftyd ook al 'n paar name gehad: van "Ewie" tot onlangs "Vinnie." Vinnie kom van my poker naam "Vinnie 4 eyes"! Be afraid - be very afraid.

Ons gesels vanoggend oor ons dogtertjie Emke. In die kleuterskool het mense haar Emke Sonskyn gedoop. Dit is so 'n gepaste bynaam...Sonskyn! Sy het waarlik 'n stralende persoonlikheid! Ons is lief vir jou sonskyn!

Jan-Willem is vir nou "Aapstert"! Die pragtigste en snaakste klein aapstertjie!

Friday, January 20, 2012

Sondag Werk

Dis Vrydagoggend! Ek is mal oor Vrydae - dit is my afdag. Ek het 'n afdag in die week omdat ek op 'n Sondag "werk". My vriende spot en sê ek werk net op 'n Sondag!

Vandag het ons deurgery Groenpunt toe. Alida moet iemand sien en ek het nog skaafwerk om te doen aan my preek vir Sondagoggend. Sy maak toe sommer die afspraak by Cafe Neo in "Beach Road".

Ek is mal oor die plek. Die rede - "free wifi". Ek sit op die oomblik aan 'n tafel saam met (laat ek gou tel) 15 mense. Almal met laptops besig met "iets".

Ek kyk na almal om my en wonder wat elkeen doen vir 'n lewe.

Oorkant my sit 'n ou wat nounet met iemand gesels het oor 'n testament. Hy lyk egter vir my soos 'n ontwerper. Langs hom is 'n vrou met 'n harikrishna plakker op haar laptop. Sy is in haar dertigs...moeilik om te plaas...dalk iets in die klere bedryf of een of ander leefstyl coach.

Langs my sit 'n ou wat werk aan 'n dokument met 'n groot "draft" watermerk. Ek kan nie te veel loer nie - netnou dink hy daar is iets fout (met my). As ek sou raai sou ek sê iets in finansies.

Die meisie oorkant my praat met 'n duitse aksent en is aangetrek asof sy op 'n safari gaan. Dalk vir 'n paar jaar werk kom doen in Suid Afrika en baie lief vir diere.

Ek wonder wat dink hulle as hulle na my kyk? Dalk lyk ek soos 'n ou wat net op Sondae werk en op 'n Vrydag tyd het om nonsens uit te dink oor ander.

Lekker naweek!

Thursday, January 19, 2012

WTF



What the flip!

Dis amper 14:00 en ek het al twee keer vandag uitgeroep: "WTF!"

Die eerste keer het te doen met ons bure en die tweede my middagtete.

Kom ek begin by die eerste. Ons "wonderlike" bure.

Hulle het op 'n manier dit reggekry om die swembad bo die grond te kry, en gebruik nou die gat waar die swembad was, as 'n vullishoop. Miskien moet ek ook maar my weeklikse tuinvullis hier kom gooi. Eintlik doen hulle dalk die buurt 'n guns? Ons almal kan maar eerder weekliks hier 'n draai kom maak met alles wat ons nie meer wil hê nie.

Ek het vanmiddag verby die huis gery en toe sien ek hulle gebruik nou sommer die swembad, en hulle balkon, as 'n wasgoeddraad. Vandaar die eerste WTF!

My tweede WTF: Ek het (met die eerste WTF nog vars in my geheue) vir my middagete kom maak. Met die eerste hap merk ek iets op wat ek gelukkig net net misgebyt het. 'n Vlieg op my toebroodjie - lekker warm gebraai deur die "sandwichmaker"! WTF!

Wat was die rede agter jou laaste WTF?

Tuesday, January 17, 2012

Ouerskap is nie vir sissies nie

Ek preek Sondag by die oggenddiens waar ons besig is met 'n reeks oor familie. Die laaste tyd vind ek myself dat ek gereeld leierskap artikels, blogs en selfs boeke oor leierskap opsy skuif vir leesstof oor ouerskap.

Een van die gedagtes wat ek Sondag oor wil gesels is om ook ander volwassenes deel te maak van jou kind se opvoeding. Twee jaar gelede het ons 'n verjaarsdagpartytjie bygewoon van een van Alida se dansmeisies wat 13 geword het. Baie ouers vrees tienerjare. Haar ouers het hul egter voorberei vir tienerjare. Hulle het saam met haar 8 dames identifiseer na wie sy opkyk, en wie sy wil toelaat om in haar lewe in te spreek. Sy moes met elkeen 'n afspraak maak, en gesels oor 1 karaktereienskap in hulle wat sy admireer en graag deel van haar lewe sal wil hê.

Of ons dit nou wil weet of nie - een of ander tyd gaan ons kinders die opinies, aanvaarding en goedkeuring van ander begin soek. Ek het meeste van my grootmens jare met tieners spandeer en agtergekom dat al is jy die coolste pa of ma, daar gaan 'n tyd kom wat jou tiener nie so gaan dink nie.

Die vraag is dan: gaan ons hulle net oorlaat om self stemme en opinies in hul lewe toe te laat of gaan ons hulle van kleintyd af hierin begelei?

Monday, January 16, 2012

Aksie

Daar is 'n spreukwoord wat sê "Action speaks louder than Words."

Wat ons doen praat harder as wat ons sê.

Ek weet nie van jou nie, maar ek trap daagliks in die lokval om BAIE te praat, maar om min te doen.

Gisteraand het Gerhard met ons gesels oor "Om nie net te bid nie." Ek dink dit sluit nogals aan hierby. Ons bid baie keer oor dinge en skuif verantwoordelikheid af op God. Saam met die bid moet ons ook doen.

As jy diep in die skuld is en wil uitkom - moenie net bid nie maar leef anders.
As jy enkel is en daardie spesiale persoon soek, bid en vry.

Ek sal graag hierdie jaar wil dink oor hoe ek dit wat ek sê, nie net sal sê nie, maar in dade te wys.

Hoe kan ek vir my vrou deur aksies wys ek is lief vir haar?
Hoe kan ek vergifnis wys deur dade?
Hoe kan ek vir my kinders wys hulle beteken die lewe vir my?
Hoe wys ek vir God Hy is die middelpunt van my lewe?
Hoe wys ek liefde rig my lewe?

As aksie werklik harder as woorde spreek - kom ons word mense van aksie!

Saturday, January 14, 2012

Onsigbare tronk

Ek het Donderdag met 'n vriend ontmoet en en toe vra hy iets wat my nogals laat dink het.

Hy vra: "Wat is die teenoorgestelde van vry wees?"

Dink vir 'n oomblik oor hierdie vraag...

Ek dink daar is seker 'n hele paar antwoorde hierop. Hy offer toe 'n vars perspektief: Die teenoorgestelde van vry wees is gemak.

Ons raak soms so gemaklik met ons lewens en sekuriteit dat dit ons juis keer om vry te leef. Dis die gemak en bekende wat ons vashou met onsigbare tralies.

So hoe kom 'n mens dan vry?

Friday, January 13, 2012

My begrafnis



Het jy al ooit gedink aan jou begrafnis?

Ek het al by meer as een begrafnis weggestap en gedink: "Is dit nou dit?"

Hierdie persoon het 'n vol lewe gehad, en so min word oor hom / haar gesê. Almal luister na 'n 30 - 40 min preek (waarvan ons nie veel kan onthou); sing 'n paar liedjies; hoor dankies, drink 'n koppie tee en gaan huistoe.

'n Ander ding wat my pla is dat as jy by een begrafnis was, was jy by almal. Die een is net soos die ander.

As jy jou eie begrafnis kon beplan, hoe sou dit lyk?

Ons het op ons afdag "A little bit of Heaven" gaan kyk. Kate Hudson speel 'n rol waar sy o.a. haar eie begrafnis beplan. Ek en Alida het na die fleik gaan lunch en gesels oor die fliek en toe vir mekaar gevra: "Hoe sal jy graag jou begrafnis wil hê?"

Hier is 'n paar gedagtes vir my begrafnis. Dit mag dalk baie anders lyk oor 'n paar jaar...Ek hoop nie dit klink te "vain" nie - here goes...

- Ek wil nie hê ons moet in 'n kerk ontmoet nie. 'n Gemaklike venue soos op 'n wynplaas sal die ding doen.
- Mense hoef nie te sit nie - sommer rondstaan om cocktail tafels met vingerete en lekker drinkgoed.
- 'n Band soos Cherry Vynil vir agtergrond musiek of sommer 'n lekker CD
- Ek sal nie mind as Homez Gomez 'n song of 2 kan doen nie - Homie verwoord baie van die goed wat ek voel.
- Dit sal nice wees as daar 'n paar fotos kan wys op 'n slide show
- 'n Fassiliteerder wat gesprek lei
- Dalk so 5 min praatjie oor die dood en hoe dit ons lewe beïnvloed

Dit klink nou vir my so lekker ek sou dit sommer saam wou bywoon...

Hoe sal jy jou begrafnis wil hê?

Thursday, January 12, 2012

Ritme



Die jaar is al 'n paar dae oud en ons grootste uitdaging op hierdie stadium is...ritme.

Wanneer 'n mens dink aan die skepping, dink 'n mens aan ritme. Rob Bell verwys na die Bybelse skeppingsverhaal as hy sê dat met die skepping was daar 'n bepaalde ritme. God het ses dae gewerk en op die sewende dag gerus. Die ritme: Dis was aand en dit was môre...en God het gesê dit wat Hy gemaak het was goed.

Elkeen van ons se hartklop praat van 'n unieke ritme.

Seisoene vertel die storie van 'n ritme.

Elke dag se sonsopkoms en sonsondergang is ritme.

'n Mens kan seker sê ritme is soos 'n roetine. Ons het 'n bepaalde ritme nodig om die gevoel te gee van..."in sync" wees.

Met ons dogtertjie wat skool begin het, en ons seuntjie wat by 'n nuwe dagmoeder is, het ons weeklikse ritme verander! Ek dink dis goed om soms van ritme te verander en in pas te kom met 'n nuwe ritme.

Daar is min dinge so lekker soos om die musiek van die lewe te voel en ervaar en te weet jy is in ritme.

Wednesday, January 11, 2012

Hoofmeisie


Ek weet ek gaan lekker gespot word hieroor. Ek het die fliek "Hoofmeisie" saam met my dogtertjie gaan kyk. En hier kom dit - Ja ek het dit geniet. Hierdie Afrikaanse komedie is vol bekende akteurs en is een van daardie stories wat'n mens nie wil hê moet eindig nie. Huisgenoot beskryf Hoofmeisie as volg: "prettige gesinsvermaak wat die lagspiere behoorlik gaan kielie."

Hierdie Sondag het Rapport berig dat die fliek al R2.7 miljoen by Ster Kinekor verdien het.

Het jy die afgelope tyd enige goeie Afrikaanse fils gekyk?

Tuesday, January 10, 2012

10 Vrae vir kerk personeel deur Perry Noble

#1 – Do I trust the leadership of this church? (If the answer is “no” then there are going to be problems because you will be unable to fulfill what God commands in Hebrews 13:17.)

#2 – Do I find myself attacking other people whom I perceive may be more skilled than me? (If so then you have insecurity issues!)

#3 – Is there anything happening privately in my life that, if it became public, would disqualify me from ministry? (”Your life” is NOT “your life!”)

#4 – Do I value my calling to serve Jesus and His church over my perceived gifting? (If the answer is yes then you will do anything at any time to move His church forward. If the answer is “no” then you will develop a deep sense of entitlement that will cause you to believe that the church should completely be sensitive to your wants and needs above the call to preach the Gospel and reach the world for Christ!)

#5 – Would I attend this church if I were not on staff? (If the answer is no then you need to do yourself, the church and God a favor and resign right now! You cannot serve a church that you do not love–period!)

#6 – Do I always have to be the expert OR am I willing to have others step into my particular area of ministry and point out my blindspots and shortcomings?

#7 – Am I always telling others how tired I am? (If so…SHUT UP! You are IN THE MINISTRY! It’s HARD! Make sure you are taking a day off to rest and relax and then GET ON WITH IT!)

#8 – Do I get angry when I do not receive the recognition and praise that I deserve? (If so…repeat this phrase, “It’s not about me!”)

#9 – Am I honestly giving my best effort? (See II Timothy 2:15!)

#10 – Would the people who are closest to me at work say that I am a walking example of Philippians 1:27?

Wysheid met die Grysheid

Ek raak elke dag al hoe meer oortuig dat 'n mens die leiding en insig van ouer mense nodig het. Seker omdat ek self jaar vir jaar ouer en gryser (shhhhhhh) word.

In die Bybel vind ons 'n paar voorbeelde waar Paulus leiers aanmoedig om op hul beurt ouer mense aan te moedig om in jonger mense se lewens in te spreek.

Hier is 'n goeie artikel oor die onderwerp.Better with Age

Daar is seker 'n paar redes waarom dit nie in die praktyk gebeur nie.
- Ouer mense voel hulle wil nie inmeng nie
- Jonger mense wil self leer en foute maak
- Trots
- Mense wat nie leerbaar is nie
- Selfsug

Die lys kan aangaan...

Dink net vir 'n oomblik hoe ryk ons gemeenskappe kan wees as jonk en oud uitreik na mekaar!

Monday, January 9, 2012

Seks begin in die kombuis

'n Paar jaar gelede het ek in Alida 'n boek gesien met hierdie titel. En nee dit het nie gegaan oor enige vreemde posisies op interessante plekke in die huis nie.(Jammer om jou dalk teleur te stel.)

Die skrywer se hele uitgangspunt was dat ons as mans baie keer romanties wil raak in die slaapkamer, maar min help met takies in die res van die huis.

Iets soos help skottelgoed was kan baie spesiaal wees, en mag dalk lei na... ;)

So...nou weet julle hoekom ek so graag help met takies by die huis. En terloops hier is 'n baie werkbare strategie vir diegene wat nog help skottelgoed was.



Are you Remarkable? by bradlomenick

Seth Godin recently reminded me about the idea of Being REMARKABLE.

What really is Remarkable? Webster’s defines remarkable as “notably or conspicuously unusual; extraordinary. Worthy of notice or attention.”

It’s what you remember. What you talk about. What you retweet. What you share.

Normal is normal…. Normal service. Normal restaurant. Normal concert. Normal conference. Normal phone call. Normal delivery. Normal work.

Remarkable is the add on. The extra. “But what really blew me away was _______.” As Seth says, remarkable is “the extra that goes in that blank, the more than what you had to do.”

Being remarkable means others talk about it. They make remarks- the remark on you, a product, a service, an experience. They remember it.

It’s being exceptional. Beyond the norm. Unusual.

Remarkable may cost more, add more work to the plate, require more effort, but it’s worth it.

Is your organization remarkable? Your Church? Your business? Your family? You personally?

What recently “blew you away” or was “extraordinary” or “memorable” beyond the norm?

Sunday, January 8, 2012

30 sekondes

Ek is mal oor die game 30 seconds. Wel dit kan soms frustrerend wees.

'n Mens kan nogals baie in 30 sekondes sê as jy moet. Ek lees hierdie week van 'n voormalige CEO van Coke, Bryan Dyson. Hy moes glo een jaar by 'n jaareindfunksie die personeel toespreek. Tot almal se verbasing sê hy wat hy moes sê in net 30 sekondes.

Hier is die inhoud:

“Imagine life as a game in which you are juggling some five balls in the air. You name them – Work, Family, Health, Friends and Spirit and you’re keeping all of these in the air.
You will soon understand that work is a rubber ball. If you drop it, it will bounce back. But the other four balls – Family, Health, Friends and Spirit – are made of glass. If you drop one of these; they will be irrevocably scuffed, marked, nicked, damaged or even shattered. They will never be the same. You must understand that and strive for it.
Work efficiently during office hours and leave on time. Give the required time to your family, friends and have proper rest. Value has a value only if its value is valued.”

Saturday, January 7, 2012

Van kaal boude tot huiswerk



Emke begin Woensdag met skool. Dit het ons op 'n soektog gesit na 'n lessenaar waarby sy middae haar huiswerk kan doen. Ons wil haar al van vroeg af help om 'n werkbare ritme in die middae te vind, en 'n lekker spasie om by te werk.

Ons soektog het geeïndig by hierdie een op die foto wat ons op Gumtree opgespoor het. Terloops, Gumtree maak dinge darem maar baie makliker!

Ons het Vrydagoggend deurgery Kommetjie toe, en toe besef dat die meubelstuk glad nie in die bakkie gaan pas nie. Teruggery Bellville toe, trailer gehuur (R120) en toe ons nuutgevonde juweel gaan optel.

Jackie, die verkoper, het hierdie pragstuk bruik om hul baba se vuil en nat doeke op te ruil. Hulle het die tafel by 'n antieke winkel gekoop. Ek wonder waarvoor was dit gebruik voor die baba boudjies?

Hierdie tafel so beslis 'n paar stories kon vertel as dit kon praat.

Nou breek 'n nuwe seisoen vir hom / haar / dit aan. Ek kon sweer ek het 'n glimlag op die tafel gesien toe ek die lig afsit gisteraand.

Thursday, January 5, 2012

Toevallighede

Ek sê baie keer ek glo nie in toeval nie.

Dit is egter verskriklik moeilik om dinge wat "toevallig" gebeur te verduidelik.

Waarom loop jy dieselfde wildvreemdeling, drie keer, op totaal en al verskillende plekke raak?

Vandag weer het ek weggestap van 'n tafel en gedink: "Sjoe maar dit was nou toevallig."

Kom ek verduidelik: Ek het lunch gesit en eet en toe kom sit daar twee gesinne by dieselfde tafel as ek. Ons begin toe te gesels en hulle sê hulle is nou vir 'n week in Suid Afrika. Hulle gaan vir 'n jaar hier woon en raai wat gaan hulle doen? Presies dit wat ek doen. Het ek hulle toevallig ontmoet? Dalk was dit toeval? Dalk nie? Wel ek wil meer op toeval reageer. Ek het Christian se nommer geneem en gaan kyk waar hierdie "toevallige" ontmoeting gaan lei.

Sien uit na 'n jaar vol "toevallighede".

Wednesday, January 4, 2012

Voorspoedige Ou jaar.




Ek het hierdie foto op Facebook raakgeloop en dit het my herhinner aan iets wat iemand lank terug vir my gesê het. Hy het gesê die definisie vir "Insanity" is om die dieselfde ding oor en oor te doen, maar om verskillende gevolge te verwag.

Soos ek click deur my persoonlike doelwitte van die afgelope paar jaar, besef ek my lysie het ook maar baie ooreenkomste met die foto. Dis seker hoekom ons die foto so snaaks vind, want baie van ons kan in 'n mindere of meerdere mate identifiseer daarmee.

Indien ek die nuwe jaar nuwe gevolge wil sien in my lewe, sal ek dinge defnitief anders moet doen. Dit help nie ek hoop dat dit 'n beter jaar gaan wees, maar ek leef maar presies in verlede jaar se voetpaadjie nie. Ons lewe 'n nuwe jaar in 'n ou jaar se spore. Om nuwe plekke te sien en ervaar sal ons nuwe paadjies moet uittrap.

Tuesday, January 3, 2012

Die einde



Daar is iets bekoorlik aan 'n nuwe begin.

So aan die begin van die jaar voel 'n mens baie keer meer gefokus en gemotifeerd. Baie van ons sê of dink selfs: "Hierdie gaan 'n beter jaar wees as verlede jaar."

Ons is baie goeie beginners.

Ek het al baie dinge in my lewe goed begin:
'n Boek
Nuwe studies
'n Uitdagende staproete
'n Vriendskap
Dieëet
'n Blog

Die lys kan aangaan...

Om goed te eindig is dikwels 'n groter uitdaging. Ek wil nie hierdie jaar net goed begin nie, maar baie goed eindig.

Daar is seker baie dinge wat kan bydra tot 'n goeie einde? Mag ons 2012 goed eindig!

Monday, January 2, 2012

Nuwe Jaar Nuwe Dinge

2012 ! Nuwe jaar. Ek is verlede jaar baie geïnspireer deur 'n "Ted Talk" van Matt Cutts. Gedink dis 'n goeie manier om die nuwe jaar te begin - Om iets nuut aan te pak vir 30 dae. So hier begin my 30 dae...Hier is die link na die praatjie.

http://www.ted.com/talks/matt_cutts_try_something_new_for_30_days.html