Saturday, January 21, 2012

Byname



Dit is altyd interessant om mense se byname te hoor. Dit is veral lekker om die storie agter die naam te hoor.

My ma het al van kleins af die bynaam "Koekies. ek dink daar is sommige mense in ons familie wat twee keer sal moet dink aan wat haar regte naam is. Sy dra swaar aan altesaam vyf doopname.

Ek het in my kort leeftyd ook al 'n paar name gehad: van "Ewie" tot onlangs "Vinnie." Vinnie kom van my poker naam "Vinnie 4 eyes"! Be afraid - be very afraid.

Ons gesels vanoggend oor ons dogtertjie Emke. In die kleuterskool het mense haar Emke Sonskyn gedoop. Dit is so 'n gepaste bynaam...Sonskyn! Sy het waarlik 'n stralende persoonlikheid! Ons is lief vir jou sonskyn!

Jan-Willem is vir nou "Aapstert"! Die pragtigste en snaakste klein aapstertjie!

Friday, January 20, 2012

Sondag Werk

Dis Vrydagoggend! Ek is mal oor Vrydae - dit is my afdag. Ek het 'n afdag in die week omdat ek op 'n Sondag "werk". My vriende spot en sê ek werk net op 'n Sondag!

Vandag het ons deurgery Groenpunt toe. Alida moet iemand sien en ek het nog skaafwerk om te doen aan my preek vir Sondagoggend. Sy maak toe sommer die afspraak by Cafe Neo in "Beach Road".

Ek is mal oor die plek. Die rede - "free wifi". Ek sit op die oomblik aan 'n tafel saam met (laat ek gou tel) 15 mense. Almal met laptops besig met "iets".

Ek kyk na almal om my en wonder wat elkeen doen vir 'n lewe.

Oorkant my sit 'n ou wat nounet met iemand gesels het oor 'n testament. Hy lyk egter vir my soos 'n ontwerper. Langs hom is 'n vrou met 'n harikrishna plakker op haar laptop. Sy is in haar dertigs...moeilik om te plaas...dalk iets in die klere bedryf of een of ander leefstyl coach.

Langs my sit 'n ou wat werk aan 'n dokument met 'n groot "draft" watermerk. Ek kan nie te veel loer nie - netnou dink hy daar is iets fout (met my). As ek sou raai sou ek sê iets in finansies.

Die meisie oorkant my praat met 'n duitse aksent en is aangetrek asof sy op 'n safari gaan. Dalk vir 'n paar jaar werk kom doen in Suid Afrika en baie lief vir diere.

Ek wonder wat dink hulle as hulle na my kyk? Dalk lyk ek soos 'n ou wat net op Sondae werk en op 'n Vrydag tyd het om nonsens uit te dink oor ander.

Lekker naweek!

Thursday, January 19, 2012

WTF



What the flip!

Dis amper 14:00 en ek het al twee keer vandag uitgeroep: "WTF!"

Die eerste keer het te doen met ons bure en die tweede my middagtete.

Kom ek begin by die eerste. Ons "wonderlike" bure.

Hulle het op 'n manier dit reggekry om die swembad bo die grond te kry, en gebruik nou die gat waar die swembad was, as 'n vullishoop. Miskien moet ek ook maar my weeklikse tuinvullis hier kom gooi. Eintlik doen hulle dalk die buurt 'n guns? Ons almal kan maar eerder weekliks hier 'n draai kom maak met alles wat ons nie meer wil hê nie.

Ek het vanmiddag verby die huis gery en toe sien ek hulle gebruik nou sommer die swembad, en hulle balkon, as 'n wasgoeddraad. Vandaar die eerste WTF!

My tweede WTF: Ek het (met die eerste WTF nog vars in my geheue) vir my middagete kom maak. Met die eerste hap merk ek iets op wat ek gelukkig net net misgebyt het. 'n Vlieg op my toebroodjie - lekker warm gebraai deur die "sandwichmaker"! WTF!

Wat was die rede agter jou laaste WTF?

Tuesday, January 17, 2012

Ouerskap is nie vir sissies nie

Ek preek Sondag by die oggenddiens waar ons besig is met 'n reeks oor familie. Die laaste tyd vind ek myself dat ek gereeld leierskap artikels, blogs en selfs boeke oor leierskap opsy skuif vir leesstof oor ouerskap.

Een van die gedagtes wat ek Sondag oor wil gesels is om ook ander volwassenes deel te maak van jou kind se opvoeding. Twee jaar gelede het ons 'n verjaarsdagpartytjie bygewoon van een van Alida se dansmeisies wat 13 geword het. Baie ouers vrees tienerjare. Haar ouers het hul egter voorberei vir tienerjare. Hulle het saam met haar 8 dames identifiseer na wie sy opkyk, en wie sy wil toelaat om in haar lewe in te spreek. Sy moes met elkeen 'n afspraak maak, en gesels oor 1 karaktereienskap in hulle wat sy admireer en graag deel van haar lewe sal wil hê.

Of ons dit nou wil weet of nie - een of ander tyd gaan ons kinders die opinies, aanvaarding en goedkeuring van ander begin soek. Ek het meeste van my grootmens jare met tieners spandeer en agtergekom dat al is jy die coolste pa of ma, daar gaan 'n tyd kom wat jou tiener nie so gaan dink nie.

Die vraag is dan: gaan ons hulle net oorlaat om self stemme en opinies in hul lewe toe te laat of gaan ons hulle van kleintyd af hierin begelei?

Monday, January 16, 2012

Aksie

Daar is 'n spreukwoord wat sê "Action speaks louder than Words."

Wat ons doen praat harder as wat ons sê.

Ek weet nie van jou nie, maar ek trap daagliks in die lokval om BAIE te praat, maar om min te doen.

Gisteraand het Gerhard met ons gesels oor "Om nie net te bid nie." Ek dink dit sluit nogals aan hierby. Ons bid baie keer oor dinge en skuif verantwoordelikheid af op God. Saam met die bid moet ons ook doen.

As jy diep in die skuld is en wil uitkom - moenie net bid nie maar leef anders.
As jy enkel is en daardie spesiale persoon soek, bid en vry.

Ek sal graag hierdie jaar wil dink oor hoe ek dit wat ek sê, nie net sal sê nie, maar in dade te wys.

Hoe kan ek vir my vrou deur aksies wys ek is lief vir haar?
Hoe kan ek vergifnis wys deur dade?
Hoe kan ek vir my kinders wys hulle beteken die lewe vir my?
Hoe wys ek vir God Hy is die middelpunt van my lewe?
Hoe wys ek liefde rig my lewe?

As aksie werklik harder as woorde spreek - kom ons word mense van aksie!

Saturday, January 14, 2012

Onsigbare tronk

Ek het Donderdag met 'n vriend ontmoet en en toe vra hy iets wat my nogals laat dink het.

Hy vra: "Wat is die teenoorgestelde van vry wees?"

Dink vir 'n oomblik oor hierdie vraag...

Ek dink daar is seker 'n hele paar antwoorde hierop. Hy offer toe 'n vars perspektief: Die teenoorgestelde van vry wees is gemak.

Ons raak soms so gemaklik met ons lewens en sekuriteit dat dit ons juis keer om vry te leef. Dis die gemak en bekende wat ons vashou met onsigbare tralies.

So hoe kom 'n mens dan vry?

Friday, January 13, 2012

My begrafnis



Het jy al ooit gedink aan jou begrafnis?

Ek het al by meer as een begrafnis weggestap en gedink: "Is dit nou dit?"

Hierdie persoon het 'n vol lewe gehad, en so min word oor hom / haar gesê. Almal luister na 'n 30 - 40 min preek (waarvan ons nie veel kan onthou); sing 'n paar liedjies; hoor dankies, drink 'n koppie tee en gaan huistoe.

'n Ander ding wat my pla is dat as jy by een begrafnis was, was jy by almal. Die een is net soos die ander.

As jy jou eie begrafnis kon beplan, hoe sou dit lyk?

Ons het op ons afdag "A little bit of Heaven" gaan kyk. Kate Hudson speel 'n rol waar sy o.a. haar eie begrafnis beplan. Ek en Alida het na die fleik gaan lunch en gesels oor die fliek en toe vir mekaar gevra: "Hoe sal jy graag jou begrafnis wil hê?"

Hier is 'n paar gedagtes vir my begrafnis. Dit mag dalk baie anders lyk oor 'n paar jaar...Ek hoop nie dit klink te "vain" nie - here goes...

- Ek wil nie hê ons moet in 'n kerk ontmoet nie. 'n Gemaklike venue soos op 'n wynplaas sal die ding doen.
- Mense hoef nie te sit nie - sommer rondstaan om cocktail tafels met vingerete en lekker drinkgoed.
- 'n Band soos Cherry Vynil vir agtergrond musiek of sommer 'n lekker CD
- Ek sal nie mind as Homez Gomez 'n song of 2 kan doen nie - Homie verwoord baie van die goed wat ek voel.
- Dit sal nice wees as daar 'n paar fotos kan wys op 'n slide show
- 'n Fassiliteerder wat gesprek lei
- Dalk so 5 min praatjie oor die dood en hoe dit ons lewe beïnvloed

Dit klink nou vir my so lekker ek sou dit sommer saam wou bywoon...

Hoe sal jy jou begrafnis wil hê?