Tuesday, April 24, 2012
Die Heilige Gees is besig
Daar was 'n seuntjie wat voor 'n kerk gespeel het met sy fiets. Die priester het op die stoep gestaan en hom dophou en toe die seuntjie vriendelik ingenooi. Die seuntjie verduidelik toe dat hy bang is dat iemand sy fiets sal steel. "Die Heilige Gees sal jou fiets oppas" het die priester hom gerus gestel.
Binne die kerk wys die priester aan die jong mannetjie hoe om die kruis te vorm met sy hand en vra hom toe om agter hom aan te bid. Die seun herhaal toe: In die naam van die Vader en die Seun...Amen."
Die priester wou toe weet wat van die Heilige Gees geword het, waarop die seun antwoord: "Hy is mos besig om my fiets buite op te pas."
Ek wonder vir hoeveel van ons is die Heilige Gees erens buite besig?
Ons is gemaklik met die idee van God die Vader, ons het grootgeword met God se Seun Jesus Christus. Dit is die Heilige Gees wat vir ons dalk bietjie meer kompleks is.
Wat is jou gedagtes oor die Heilige Gees?
Tuesday, February 21, 2012
Thursday, February 9, 2012
Monday, January 30, 2012
Wyse gewoonte
Dit is nie altyd maklik om besluite te neem nie. Sommige besluite is eenvoudig, maar dan is daar daardie besluite waar albei of selfs al drie opsies baie aantreklik lyk.
Dikwels sal ons onsself vang die volgende sê: "Dit was nie 'n baie wyse besluit nie" of "dit was nou wys gewees." Ons het al keer op keer hierdie woorde selfs gebruik oor die alledaagse eenvoudige besluite.
Vanoggend het Jacques Bornman die volgende getwiet: "Cultivate the habit of asking "what is the wisest thing to do?"
Ek raak stil en dink vir 'n oomblik oor hierdie woorde...
In die Bybel lees ons die volgende in die boek Jakobus
Jak 1:5 "Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie."
Wysheid is daardie onderskeid tussen die goeie en die beste. Ek gaan hierdie week leef met hierdie vraag: "Wat is die wyste ding om te doen." Lekker week!

Thursday, January 26, 2012
Monday, January 23, 2012
Ek het God vandag gesien
Hoe sal jy die volgende sin voltooi: "God is..."
Ons het Dinsdagaande 'n groep wat op die oomblik deur Francis Chan se boek "Crazy Love" werk. Dit is vir my baie lekker aangesien almal in die groep baie jonger as ek is - in hul twintigs. Dit is interessant om hulle perspektief te hoor en daaroor te dink.
Ons het verlede week besluit om een dag die week een karaktereienskap van God te kies, en Hom dan te vra om daardie spesifieke eienskap deur die dag, op verskillende maniere aan ons te openbaar.
Ek het vandag "genade" gekies.
Ek het vandag agtergekom op hoe baie plekke 'n mens God kan sien en ervaar. Hy is oral teenwoordig en aan die werk - ons is net nie altyd bewus daarvan nie. Dit is asof jou oë oopgaan as jy begin lewe met hierdie bewustheid.

Saturday, January 21, 2012
Byname

Dit is altyd interessant om mense se byname te hoor. Dit is veral lekker om die storie agter die naam te hoor.
My ma het al van kleins af die bynaam "Koekies. ek dink daar is sommige mense in ons familie wat twee keer sal moet dink aan wat haar regte naam is. Sy dra swaar aan altesaam vyf doopname.
Ek het in my kort leeftyd ook al 'n paar name gehad: van "Ewie" tot onlangs "Vinnie." Vinnie kom van my poker naam "Vinnie 4 eyes"! Be afraid - be very afraid.
Ons gesels vanoggend oor ons dogtertjie Emke. In die kleuterskool het mense haar Emke Sonskyn gedoop. Dit is so 'n gepaste bynaam...Sonskyn! Sy het waarlik 'n stralende persoonlikheid! Ons is lief vir jou sonskyn!
Jan-Willem is vir nou "Aapstert"! Die pragtigste en snaakste klein aapstertjie!
Subscribe to:
Posts (Atom)