Tuesday, April 24, 2012

Die Heilige Gees is besig

Daar was 'n seuntjie wat voor 'n kerk gespeel het met sy fiets. Die priester het op die stoep gestaan en hom dophou en toe die seuntjie vriendelik ingenooi. Die seuntjie verduidelik toe dat hy bang is dat iemand sy fiets sal steel. "Die Heilige Gees sal jou fiets oppas" het die priester hom gerus gestel. Binne die kerk wys die priester aan die jong mannetjie hoe om die kruis te vorm met sy hand en vra hom toe om agter hom aan te bid. Die seun herhaal toe: In die naam van die Vader en die Seun...Amen." Die priester wou toe weet wat van die Heilige Gees geword het, waarop die seun antwoord: "Hy is mos besig om my fiets buite op te pas." Ek wonder vir hoeveel van ons is die Heilige Gees erens buite besig? Ons is gemaklik met die idee van God die Vader, ons het grootgeword met God se Seun Jesus Christus. Dit is die Heilige Gees wat vir ons dalk bietjie meer kompleks is. Wat is jou gedagtes oor die Heilige Gees?

No comments:

Post a Comment