Wednesday, May 11, 2011

Yes Man (3van3)

So hoe was jou week? Wie is die mense wie jy hierdie week tevrede wou stel?

Hoe kom 'n mens vry van die verslawing om te "please"? Ek moet erken dit gaan nie maklik wees nie. Kan ek 3 eenvoudige gedagtes deel. Sal graag wil hoor of daar van julle is wat nog idees het.

1.Ek dink dit begin by die besef dat ons NOOIT almal gaan kan tevrede stel nie.

Maak vrede dat jy nie alles kan doen nie.
Besef dat almal gaan nie van jou hou nie.


Jesaja 40:30-31 is nogals 'n baie bemoedigende gedeelte.

“Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.” NLV

Die woord wat die gedeelte gebruik vir jongmense vewys o.a. na Griekse Olimpiese atlete. DWS die beste van die bestes / sterkste van die sterkstes; die goue medalje wenners. Selfs hulle krag is beperk.

2. Leer om nee te sê

Nee is 'n klein woordjie maar kan groot gevolge in ons lewe hê.
In die Nooma DVD Shells sê Rob Bell Jesus kon NEE sê want hy het reeds JA gesê vir dit wat God deur Hom wou doen. Wanneer ons ja gesê het vir God se droom word dit makliker om nee te sê.

3. Leef vir die opinie van een

“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” Kol 3:23 NAV)


Gedagtes?

No comments:

Post a Comment