Wednesday, May 18, 2011

So tussen babakos en Jack Sparrow (1van3)



Dis 'n uitdaging om stil te raak in 'n huis met 2 klein kindertjies. Ek sit hier met my laptop tussen 'n bakkie baba pap wat half geëet is, en 'n Pirates of the Caribbean puzzle. Ek het tyd om stil te raak - dis die hoofding.

By ons gemeente fokus hierdie maand op verdieping. Wanneer ek my oë toemaak en dink aan verdieping sien ek die prentjie van 'n boom wat se wortel diep onder die grond voed.

Baie keer maak 'n mens die fout om te fokus op MEER eerder as DIEPER. Ek moet MEER Bybel lees, MEER bid, MEER kerk toe gaan. Meer beteken nie altyd dieper nie.

Dink net aan die effek wanneer ons wortels dieper gaan.

Kolossense 2:6-7 "Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul."

Wednesday, May 11, 2011

Yes Man (3van3)

So hoe was jou week? Wie is die mense wie jy hierdie week tevrede wou stel?

Hoe kom 'n mens vry van die verslawing om te "please"? Ek moet erken dit gaan nie maklik wees nie. Kan ek 3 eenvoudige gedagtes deel. Sal graag wil hoor of daar van julle is wat nog idees het.

1.Ek dink dit begin by die besef dat ons NOOIT almal gaan kan tevrede stel nie.

Maak vrede dat jy nie alles kan doen nie.
Besef dat almal gaan nie van jou hou nie.


Jesaja 40:30-31 is nogals 'n baie bemoedigende gedeelte.

“Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.” NLV

Die woord wat die gedeelte gebruik vir jongmense vewys o.a. na Griekse Olimpiese atlete. DWS die beste van die bestes / sterkste van die sterkstes; die goue medalje wenners. Selfs hulle krag is beperk.

2. Leer om nee te sê

Nee is 'n klein woordjie maar kan groot gevolge in ons lewe hê.
In die Nooma DVD Shells sê Rob Bell Jesus kon NEE sê want hy het reeds JA gesê vir dit wat God deur Hom wou doen. Wanneer ons ja gesê het vir God se droom word dit makliker om nee te sê.

3. Leef vir die opinie van een

“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” Kol 3:23 NAV)


Gedagtes?

Tuesday, May 10, 2011

Yes Man (2van3)

Daar is 'n paar karaktereienskappe om "The disease to please" in jou lewe te identifiseer. Hier is 'n paar vrae om oor te dink:

Vat jy kritiek persoonlik op?
Vind jy dit moeilik om vir ander nee te sê?
Is dit vir jou moeilik om jou ware gevoelens uit te druk?
Leef jy met 'n groot vrees vir verwerping?

Môre gesels ons oor hoe om nie net te leef vir ander se opinie.

Monday, May 9, 2011

Yes Man (1van3)

Sommige van ons leef vir die opinie en goedkeuring van ander.

Harriett Breaker het 'n boek geskryf met die titel: “The Disease to Please”

Sy gaan so ver om te sê dat die behoefte om ander tevrede te stel 'n siekte en selfs 'n verslawing kan wees.

Dit is 'n lokval wat ons lewe kan rig en uiteindelik kan verwoes. Spreuke stel dit so: Spreuke 29:25 NLV “Jy stel vir jouself ‘n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.”

Hoe is jou lewe al beïnvloed deur hierdie verslawing?

Thursday, May 5, 2011

Awkward tienerjare


Roxette tree hierdie naweek op in Kaapstad. Die afgelope tyd hoor 'n mens weer meer gereeld van hul songs speel.

Hulle songs bring darem maar baie memories terug. Ek het my heel eerste Roxette "tape" gekoop net voor ek 14 geword het. Ek het "The Look" oor en oor geluister net voor die eerste garage party wat ek sou hou by ons huis.

Dit was 'n baie awkward aand. Alles was gereed - die kos, die venue, die musiek, die dj - maar ek was nog nie gereed vir 'n klomp goed nie. Meisies het in die een hoek gekuier terwyl die ouens in die ander hoek hulle sit en uitcheck het.

Ek onthou ook songs soos "Listen to you Heart." O en wat van "Must have been love". Stil stil trane gestort saam met daai song as my hart gebreek was!

Watter memories bring Roxette vir jou?