Tuesday, August 23, 2011

Omgee?

Ek geniet dit elke week om ons plaaslike koerantjie, die Tygerburger, deur te lees. Ek is onlangs weer gekonfronteer en uitgedaag deur 'n paar artikels.

In 20 Julie se uitgawe verskyn o.a. artikels met die volgende opskrifte: "Peste ons voorland." 'n Artikel wat gaan oor Bellville se sakekern wat 'n gesondheidsrisiko inhou en sterk aan die agteruitgang is. 'n Tweede artikel oor die misdaad in ons omgewing. En dan volg nog twee artikels oor die agteruitgang in die sakekern. Tussen hierdie artikels is daar die storie van 'n groep barmhartige samaritane wat sop gaan uitdeel het vir mense op straat.

Hier is die ding waarmee ek worstel:
- Ek weet ons moet omgee vir mense in nood
- Hou ons uitdeel van sop / klere ens. van mense op straat nie juis die mense op straat nie: maw ons maak die lewe op straat net meer gemaklik?
- Hoe sal verantwoordelike gee lyk?
- Is verantwoordelike gee nie maar net 'n verskoning om my verantwoordelikhede op iemand anders af te skuif nie?
- Dit is juis die mense vir wie ons omgee op straat wat ons buurt vervuil op verskillende maniere.

Enige gedagtes?

No comments:

Post a Comment